Kan nie meer wag nie…

So, 2014 het gekom en ook sy dinges gesien. Mag 2015 vir jou vriendelike vreugde en vrede inhou. Nou is ons alweer amper halfpad deur Januarie… Hoe tyd vlieg né…?

Maar met Februarie wat voor die deur lê, wag daar vir elke ovaalbal sportliefhebber (soos myself) die kans om vir eers te vergeet van “wides, no-balls, run-outs” , grenshoue en ook breinlose krieket… Gedeeltelik ten minste. Of stel dit eerder so, ons gaan meer van ‘n sportkeuse voor die kassie hê in Februarie as in Januarie want SuperXV lê voor die deur. En voor jy dink – nie alweer ‘n couchpotato wat dink hy weet waarvan hy praat nie (alhoewel ek dink ek ‘n beter sportberig kan lewer as sekere “professionele” radio omroepers…), ek gaan eerder my tyd toespits nie op die rugby self nie maar op spankeuses. Iets waaroor menige vriendelike gevegte al uitgebreek het rondom ‘n braaivleisvuur… My naam is Jaco Visser en dis (amper) tyd vir SuperXV Fantasy League.

Dalk het jy reeds deelgeneem aan iets soortgelyk of dalk is jy ‘n leuk. Hoe dit ook al sy, hier gaan iets wees vir almal…

Indien jy nie weet nie, Fantasy League is waar JY jou eie span kies uit die 15 Super Rugby spanne en jy dan as “manager” van jou span beloon word vir wat jou spelers aanvang op die veld. Punte word toegeken vir basies alles: Drieë gedruk, “assists”, straf- en doelskoppe deur die mikke gejaag, wedstryde gewen ens ens… Dan word daar ook punte afgetrek vir kêrels wat hulself nie kan gedra op die veld nie… Eina pyn… Jy word ook n begroting gegee waarmee jy jou spelers kan “koop” en ‘n aantal veranderinge kan maak deur die loop van die seisoen. Geïntriseerd? http:// http://fantasyrugby.udt.co.za is waar jy ‘n profiel skep en die bal aan die rol sit.

So het ek nou die vreemde wêreld van blogging betree om dít vir jou te vertel? Nee… Fantasy League is nie net ‘n vriendelike speletjie tussen vriende nie. Ja dit ook seker… Maar jy moet jou storie ken… Want teen die einde van die seisoen is elke punt en verandering wat jy aan jou span maak van kardinale belang… “Season defining moments”. Daai laaste aangee wat die vleuel hoekie toe stuur, daai skoppie of fop aangee wat punte op die bord beteken. Daai skepskop deur die pale vir die wen… En natuurlik “bragging rights” vir die seisoen…

So, ek gaan in die komende paar weke voor afskoptyd kyk wie en wie nié in jou span behoort wees. Ek is geensins ‘n kenner nie. Net ‘n “regular Joe” wat sy mening met jou deel.

So met bietjie meer as ‘n maand voor ons vroegoggend voor die kassie inskuif met ‘n koffietjie (of ietsie sterkers, wat ook al jou gif is) kyk ek vlugtig na spanne, stories, gerugte en dies meer.

Byt vas, dis amper Februarie…

Groete
Jaco

Leave a comment